Ontmoet die personeel
 

Mnr. Hannes Brits
Skoolhoof

Mnr. Brits is sedert 1987 verbonde aan die skool.  In Januarie 2002 is hy aangestel as hoof.
 

"Ek deel die visie van die skool om vir elke leerlinge 'n gesonde lewensomgewing te skep waarin elkeen tuis en gelukkig is.  'n Skool waar elke leerling, personeellid en ouer spesiaal is.  Dit is vir my belangrik dat elke personeellid gelukkig moet wees, want dan kan gehalte onderrig plaasvind.   As jy 'n passie vir onderwys het is Laerskool Dennesig die skool vir jou."

Verjaarsdag:  23 Julie

Mnr. Alwyn Botha
Adjunkhoof

As jy nie voorentoe beweeg as 'n leerder nie, beweeg jy agteruit as 'n leier - John Maxwell "By Laerskool Dennesig kweek ons leerlinge wat hul plek as leiers kan volstaan met selfvertroue en trots. Dit kan net vermag word deur toegewyde onderwysers en leerlinge met positiewe gesindhede"

Verjaarsdag:  16 November

Mnr. Thys Matthee
Departementshoof

"By Laerskool Dennesig probeer elke personeellid om ons slagspreuk: Waar elke kind spesiaal is - daagliks na te strewe. Deur dit te doen word elke leerder tot hul volle potensiaal ontwikkel en voorberei vir die toekoms. Ons bied heelwat programme wat ons van ander skole onderskei nl. Multi-medialesse, KDA, Neuro-Link om net 'n paar te noem. The question is not whether we can afford to invest in every child; it is whether we can afford not to. - Miriam Wright Edelman

Verjaarsdag:  1 Julie

Me. Elsabe Kruger
Departementshoof

"Om te deel in 'n droom waarin elke kind tot sy volle potensiaal ontwikkel, is 'n voorreg. 'n Onderwyser se grootste werksbevrediging le in die sukses wat leerders bereik en dis hier by Laerskool Dennesig, waar die dinge gebeur wat regtig saak maak."

Verjaarsdag:  15 September

Me. Christien Bouwer
Departementshoof

"By Laerskool Dennesig handhaaf ons 'n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur. Ons kleiner klassies gee leerlinge die geleentheid om op akademiese gebied te presteer, omdat hulle meer individuele aandag kry. Ons kry gereeld terugvoering van ons plaaslike Hoerskole dat leerlinge van Laerskool Dennesig op 'n baie hoe akademiese standaard is".

Verjaarsdag:  17 Februarie

Me. Dalene Badenhorst

"Ek is trots daarop om deel van 'n span te wees waar elke kind nog belangrik is. Ons klein klasse maak dit moontlik vir die onderwyser om die nodige aandag aan elke kind te skenk. Geleenthede word gebied vir elke kind om sy volle potensiaal te bereik. Dennies is Dinamies!"

Verjaarsdag:  21 Mei

Me. Ria Boshoff

"Elke dag word ek geinspireer deur die gedagte dat ek nie kan kies vir wie ek wil skoolhou nie, maar dat God kinders op my pad gaan plaas vir wie ek 'n inspirasie moet wees. Ek wil by Laerskool Dennesig 'n vuurtoring wees en helder skyn om lig te wees vir almal rondom my."

Verjaarsdag:  7 Oktober

Me. Thareza-Lee de Souza

"Laerskool Dennesig is nie net 'n dubbel-medium skool nie, dit is 'n ongelooflike skool! Met Kleinbegin Kleuterskool, liefdevolle en toegewyde personeel waar u altyd sal welkom voel asook hoe standaarde, is daar geen ander keuse as Laerskool Dennesig nie."

Verjaarsdag:  1 Desember

Me. Marna du Plessis

"Dennesig is 'n skool wat omgee. Dennesig is georganiseerd. Dennesig is mooi, alles is mooi! Die skool, die leerders, die personeel, die waardes en tradisie. Dennesig is my familie en my huis!"

Verjaarsdag:  9 September

Mnr. Werner du Preez

"If knowledge is power, enthusiasm is the switch."

Verjaarsdag:  28 September

Me. Wynanda Hoogstad

"Laerskool Dennesig is totaal gefokus op die kind as individu. Elke kind is belangrik! Dit is 'n skool vol liefde en omgee. Ek is trots om 'n Dennie onnie te wees!"

Verjaarsdag:  26 Junie

Me. Anetta Koch

Ek glo positiewe gedagtes lei tot positiewe dade. Moenie dink jy kan iets nie doen as jy nie baie hard probeer het nie. Onthou: “ Wat jy dink is wat jy doen. Wat jy doen word ‘n gewoonte. Jou gewoontes word jou lewenswyse.” Glo in God en glo in jouself.

Verjaarsdag:  17 Februarie

Me. Corli Lewis

"Hier by Dennesig is ons 'n familie. Ons gee emosioneel en geestelik om vir mekaar. Ons huil saam, lag saam, werk saam, ontspan saam, baklei saam (nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil!)."

Verjaarsdag:  11 Julie

Me. Ria Lucas

By Kleinbegin Kleuterskool: 1. Is ons lief vir kinders (Gelukkig!) 2. Word ons nie gou kwaad nie (Gelukkig!) 3. Probeer ons hard om die reel "As jy nie iets goed kan se van iemand nie, bly eerder stil" na te kom.

Verjaarsdag:  24 Augustus

Me. Ansie Makins

"Hier by Dennesig leef ons, ons roeping as onderwysers uit, want ons besef dat ons met die kroon van God se skepping werk. By hierdie skool is elke kind spesiaal! Ons is bevoorreg om ons klassies klein te hou, sodat ons aan elke kind individuele aandag, hulp en liefde kan gee wat hom/haar toekom.

Verjaarsdag:  4 Julie

Mnr. Charles Stebbing

"Sien die glas as half vol en nie half leeg nie! As jy positief is oor jou beroep en jou lewe, sal jy jou beste gee en raak gesien word. 'n Positiewe gesindheid is aansteeklik en dit maak dat almal om jou hul werk meer geniet. Ek is 'n alles-of-niks mens, ek kan nie iets half aanpak nie. Ek leef met die ingesteldheid dat opgee nie 'n opsie is nie! Jy moet jou moue oprol en hard werk. Die lewe skuld jou niks - eerder andersom!

Verjaarsdag:  20 Maart

Me. Una Smit

"Graad 1 met al sy geleenthede kom net een keer en kanse wat verlore gaan kan nie maklik weer ingehaal word nie. Maak dus gebruik van elke moontlike geleentheid om 'n Dinamiese Dennie te wees. Ons kinders is 'n gekenk van God, koester hule soos God dit wil he. Gee vir hulle die regte leiding, dissiplineer hul met liefde en wees konsekwent Alleenlik dan, kan ons kinders gelukkig wees in 'n dinamiese skool!

Verjaarsdag:  7 Februarie

Me. Adrie Strauss
Hoof Kleinbegin

"Kinders spel liefde so: T Y D. En daarvan het ons baie by Kleinbegin Kleuterskool. Eerstens het ons tyd vir Liewe Jesus in ons klasse. Dan het ons tyd vir lekker leer. Ons het hope tyd vir speel. En die tyd wat oorbly gee ons aan u as ouer, omdat almal baie spesiaal is by ons kleuterskool.

Verjaarsdag:  11 Februarie

Me. Linda van der Merwe

"Laerskool Dennesig het toegewyde en hardwerkende onderwysers wat elke leerling 'n unieke geleentheid bied om sy/haar karakter te bou, intellek en talente te ontwikkel, sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Dennesig is voorwaar Dinamies!"

Verjaarsdag:  19 Februarie

Me. Elsabe van Rooyen

"By Laerskool Dennesig word elke uitdaging met bravade aangepak. Ons weet God ken elkeen se geheime en Sy liefde sal nooit opdroog nie".

Verjaarsdag:  24 Augustus

Me. Marlene van Rooyen

"Dennesig is 'n skool waar ons, ons talente inspan om net ons beste te gee en alles te doen tot voordeel van ons leerders. By Dennesig word daar gereeld vir ons ouers, leerders en onderwysers gebid. Dennesig is 'n omgee skool waar elke leerder belangrik is."

Verjaarsdag:  13 Desember

Me. Tina van Wyk

"Om 'n onderwyseres te wees is my passie. Dennesig bied my die geleentheid om hierdie passie ten volle uit te leef. Die personeel funksioneer as 'n goed geoliede masjien en elke leerder word die kans gebied om sy/haar volle potensiaal te bereik. Met ons oe op God gerig is Dennesig 'n skool waar elke onderwyser, ouer en leerder, tuis kan voel."

Verjaarsdag:  9 September

Me. Audrey Watson

"Onderwys is 'n liefdestaak! Ek streef daarna om elke dag minstens een leerling se lewe op 'n positiewe wyse aan te raak! Die opvoeding van kinders is beslis my passie!"

Verjaarsdag:  15 November

Mnr. Jaco Watson

Onderwys is ‘n roeping en daarvoor is geduld baie belangrik, wees altyd positief en optimisties. Daar is niks so bevredigend soos ‘n dankie uit die mond van ‘n kind waarvoor jy iets kon leer, wys of beteken nie. Ek sien myself as ‘n positiewe onderwyser en sal een bly vir nog baie lank!

Verjaarsdag:  2 April

Studente
Mindri Jonck

Verjaarsdag:  23 Julie

Ansabe Lewis

Ek leef Psalm 139, waarin Jesus vertel dat elkeen van ons uniek geskape is, en spesiaal is vir Hom. Daarom streef ek daarna om elke leerling met respek te behandel en op te voed soos Jesus dit van my verwag, my gawes te gebruik en my naaste lief te he soos myself.

Verjaarsdag:  23 Julie

Pricilla Roodman

Verjaarsdag:  23 Julie

 

 
Nuus
Welkom terug!
Derde Kwartaal
13 Julie – 23 September
Sport
Krieket – Mnr. Matthee
Hokkie – Mnr. du Preez
Landloop – Me. Koch
Tennis – Mnr. Watson
Kunsfees
(Afrikaans) 26 – 30 Julie
(Engels) 6 – 10 September
Dennesig Derby
7 Oktober 2010
Dans
8 Oktober 2010
Gholfdag
29 Oktober 2010
Kontak Mnr. Thys Matthee indien u ‘n putjie wil borg.