Rugby
 
Organiseerder:           Mnr. Jaco Watson
 

Afrigters:

SPANNE AFRIGTERS
O/09 Mnr. Werner du Preez
O/10 & O/11 Mnr. Charles Stebbing
Mnr Alwyn Botha
Tweede Span

Mnr Jaco Watson

Mnr. Juandre Benade

Eerste Span Mnr. Thys Matthee


Rugby leer spelers die noodsaaklikheid van spanwerk.  Dit kweek ook 'n goeie selfbeeld, trots en self-dissipline.  Dis vir ons ook belangrik dat die seuns dit geniet en hulself solank voorberei vir rugby in die hoërskool.  Onder die afrigters is Mnr. Matthee en Du Preez altwee op die Top 10 Skeidregterspaneel, en streef daarna om hul liefde vir die sport ook aan die seuns oor te dra.  Gedurende 2009 het ons spanne baie goed presteer, veral ons Eerste span wat as kampioene gekroon is tydens die Collison Rugbyaand.  Twee van ons seuns, Marco White en Frederik Greyling word vir die Collisenspan gekies. Jaco Swift en Gustav Basson is ook twee Dennies wat die Suid-Oos Transvaal Bokkiespan in 2009 behaal het. Ons is baie trots op ons rugbyseuns by Dennesig en sien met afwagting uit na wat hul alles in 2010 gaan vermag.

 

Oefentye:       Maandae: Alle spanne op die A-veld 14:00 - 16:00
                         Dinsdae & Donderdae 0/9 B-veld 14:00 - 15:00
  0/10 & 0/11 A-veld 14:00 - 15:00
Tweede span A-veld 15:00 - 16:00
Eerste span A-veld 14:30 - 16:00

 

Belangrike datums:   Voorlopige wedstryd datums vir 2010

29 APRIL Dennesig vs. Middelburg Laer (Tuis)
06 MEI Dennesig vs. Hendrina (weg)
13 MEI Dennesig vs. Rietkuil (tuis)
20 MEI Dennesig vs. Belfast (tuis)
27 MEI Dennesig vs. Koornfontein (tuis)

 

Benodighede: Oefen in gemaklike klere, toerusting word deur skool voorsien.
Wedstryddrag Elke seun word deur die skool van 'n rugbytrui voorsien wat saam met 'n swart kortbroek vir wedstryde gedra word. Die eerste span speel met wit kortbroeke.
 
Nuus
Welkom terug!
Derde Kwartaal
13 Julie – 23 September
Sport
Krieket – Mnr. Matthee
Hokkie – Mnr. du Preez
Landloop – Me. Koch
Tennis – Mnr. Watson
Kunsfees
(Afrikaans) 26 – 30 Julie
(Engels) 6 – 10 September
Dennesig Derby
7 Oktober 2010
Dans
8 Oktober 2010
Gholfdag
29 Oktober 2010
Kontak Mnr. Thys Matthee indien u ‘n putjie wil borg.