Skaak
 
Organiseerder:                       Me. Linda van der Merwe
Afrigter:                                    Me. Linda van der Merwe

Die antieke spel wat die stryd op die slagveld simboliseer, en wat vandag nog gespeel word, is 'n uitdaging vir elke Dennie-skaakspeler.  Die intelektuele tyedverdtryf word nie oornag bemeester nie en word byna nooit vervolmaak nie.  Ons moedig leerlinge aan, en daag hulle uit om van Graad een af skaak te speel, aangesien dit 'n langtermyn aktiwiteit is.  Gedurende 2009 het ons A-span baie goed gevaar waar hulle aan die B-liga deelgeneem het.  Hulle het algeheel tweede in die Nkangalastreek geeindig.

Oefentye:  Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:30.
Indien leerders in addisionele professionel afrtigting
belangstel, kan dit ook deur die skool gereel word teen R80 per maand.  
 

Benodighede:  Skool voorsien alle benodighede.

Nuus: Vyf van ons leerders neem deel aan die Nkangala Proewe in Witbank gedurende April. Juan van Niekerk O/13 het hom baie goed van sy taak gekwyt en word na die volgende rondte genooi. Ons wens hom alle sterkte toe.
 
Nuus
Welkom terug!
Derde Kwartaal
13 Julie – 23 September
Sport
Krieket – Mnr. Matthee
Hokkie – Mnr. du Preez
Landloop – Me. Koch
Tennis – Mnr. Watson
Kunsfees
(Afrikaans) 26 – 30 Julie
(Engels) 6 – 10 September
Dennesig Derby
7 Oktober 2010
Dans
8 Oktober 2010
Gholfdag
29 Oktober 2010
Kontak Mnr. Thys Matthee indien u ‘n putjie wil borg.