Tennis
 
Organiseerder:           Mnr. Jaco Watson


Afrigter:                       Mnr. Jaco Watson

By Laerskool Dennesig is tennis is nog 'n jong sport wat vinnig besig is om momentum te kry.  Ons het in 2009 aan die Junior Liga deelgeneem en spelers het hul goed van hul taak gekwyt.  Ons wil hierdie jaar graag sommer baie meer leerlinge betrokke kry by tennis en glo dat die toekoms vol goeie prestasies is vir ons tennisspelers.

Oefentye: Woensdae 14:00 - 16:00

 

Belangrike datums:
28 Julie Dennesig vs. CR Swart
4 Augustus Julian Muller vs. Dennesig
18 Augustus Hendrina vs. Dennesig
25 Augustus L/S Middelburg vs. Dennesig
1 September Dennesig vs. Middelburg Primary
8 September Dennesig vs. Kanonkop
 

Benodighede: Ons oefen in gemaklike klere en tekkies, geen kaalvoete of skoolskoene. Bring asb. ook jou eie tennisraket en twee tennisballe. Onthou 'n botteltjie water, hoed en sonblok.
 
Nuus
Welkom terug!
Derde Kwartaal
13 Julie – 23 September
Sport
Krieket – Mnr. Matthee
Hokkie – Mnr. du Preez
Landloop – Me. Koch
Tennis – Mnr. Watson
Kunsfees
(Afrikaans) 26 – 30 Julie
(Engels) 6 – 10 September
Dennesig Derby
7 Oktober 2010
Dans
8 Oktober 2010
Gholfdag
29 Oktober 2010
Kontak Mnr. Thys Matthee indien u ‘n putjie wil borg.